Verse in my Vingers

Verse in my Vingers (’n kopreis deur die lewe en werk van Breyten Breytenbach) word op 23 & 28 Augustus by die Klein Libertas Winterfees in Stellenbosch opgevoer.

Dié vertoning is in 2010 by die Woordfees op Stellenbosch as die beste woordmusiek-program bekroon.

Die geselskap bestaan uit Waldemar Schultz, Stian Bam, Hugo Theart en Eugenie Wiggins. Die bekroonde sangeres en liedjieskrywer, Laurinda Hofmeyr, veral bekend vir haar toonsettings van Breytenbach-gedigte, sluit ook by die geselskap aan. Juanita Swanepoel is verantwoordelik vir die samestelling en behartig ook die regie.

Die program is ’n reis deur Breytenbach se werk, met woord en sang, en in die bindingsteks word ook koerantberigte en artikels gebruik wat in die tydperk van sy verhoor en vonnisoplegging geskryf is. Juanita Swanepoel het die program saamgestel en op die planke gebring in opdrag van die Breytenbach-sentrum op Wellington ter viering van Breytenbach se sewentigste verjaarsdag.

In November 1975 sê Breyten Breytenbach tydens sy verhoor in Pretoria: “Ek voel, ek wéét ek het nog baie gedigte in my vingers en skilderye in my oog.” By ʼn ander geleentheid: “Ek wil in my werk so na moontlik probeer kom aan die verbygaande – nie die ewige nie, dié was altyd daar. En die ewige sê niks. Dis die verbygaande wat seer maak,die plaaslike.”

Kaartjies kos R90.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar