Aquizi lodge, 10 km vanaf Cullinan, lê in die hartjie van die Bosveld naby al Gauteng se groot stede met die baie liggies. Feesgangers kan hierdie jaar weer hulle veldskoene aantrek wanneer vir die derde Vlakvarkfees.
Sedert die 1ste Vlakvarkfees in 2017, het talle opwindende nuwighede deel van die fees geword.
Drie verhoë; drie keer meer vermaak; drie keer en nog meer stalletjies; en, natuurlik, drie keer meer pret!
Die toegewyde Feeskomitee staan reg om die gaste van die jaar se fees te vermaak met toneel, sang, kuns, modelkompetisies, potjie kompetisie, die heerlikste kos en nog vele meer …
Die Vlakvarkfees is ‘n byeenkoms van kleur, geur, kultuur en klank. Nuwe vriendskappe gaan weer gesmee word en dit word al as deel van die fees se ervaring aanvaar.
’n Splinternuwe toevoeging by die jaar se fees is die Bosatrium waar teater deur bekende kunstenaars, soos Michelle Botha, Willie Strauss, Cobus Venter, Rudolph Basson en Lizz Meiring, op die planke sal wees.
Watertand lekker potjies met kreatiewe temas sal meeding om drie pryse. Een van die pryse is ‘n R2000.00 kontant prys, ‘n helikopter rit vir die persoon met die meeste gees, deur Capital Air, wat ook feesgangers die geleentheid gaan bied om die feesterrein uit die lig te sien. Natuurlik kan feesgangers van die potjies proe.
Feesgangers kan ook hap-hap stap deur meer as 100 verskeie stalletjies in die Stap-en-Hap
Straat met tuisgemaakte produkte. Natuurlik is daar ’n koue lafenissie by die die biertuine om die feesgangers se moeë voete te laat rus. The Cockpit Brewhouse, ‘n plaaslike brouery, bring ag verskillende selfgemaakte biere. In die Biltong en Brandewyn Tent sal van Brannas en Coke tot Windpomp Sjerrie voorsien word.
Die Vlakvarkfees gaan die jaar in samewerking met die Caring Daisies die fees organiseer. Van die feesfondse gaan aangewend word om behoeftiges te voorsien. Die Caring Daisies is veral bekend vir projekte soos, “Manna vir die Boere”, “Jakaranda Blanket Drive”, “Good morning Angels- Dream Wedding” en “Superhero 2019”.
Merk solank die datum in jou kalender: 5, 6 & 7 Julie 2019, en moet nie die jaar se fees misloop nie. Kaartjies nou by iTicket beskikbaar!
