Pierre van Pletzen in sy eerste solo-opvoering.

’n Geoliede ou akteur loop op die verhoog en begin met die openingstoneel van ’n klug wat hy en ander akteurs opvoer. Dinge gaan goed tot hy skielik besef hy is alleen, daar is nie ander spelers nie.

Hy besluit dat hy steeds die vertoning gaan doen – op sy eie. Aanvanklik hanteer hy alles goed, maar soos die snaakse situasies van die oorspronklike toneelstuk en die spanning om alles
alleen te doen op hom inwerk, begin hy al hoe meer drink. Hy kry selfs ’n bottel Handy Andy beet.

Na ’n ruk kom hy in sy beneweldheid alles en almal by met kwinkslae wat hy wyd en syd uit sy beskonke brein opdiep.

Reis saam met Pierre van Pletzen op ’n wipplankrit wat snaaks begin en snaaks eindig.

Met: Pierre van Pletzen

Teks en regie: Pierre van Pletzen

Verhoogbestuurder: Sandra Vaughn
Vervaardiger: Pierre van Pletzen Produksies

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R125
Plek: Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 20:00; 9 April 20:00; 10 April 17:00; 11 April 17:00; 12 April 15:00; 13 April 09:00; 14 April 09:00; 15 April 09:00

KKNK 2017


Voël innie hand

Voël innie hand
Voël innie hand

Voël innie hand


3

Lewer kommentaar

Leave a Reply