Petronel Baard en Lidi de Waal bring ‘n unieke en hartroerende produksie na die verhoog met Vrou, Vrouer, Vrouste, ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Die produksie balanseer humor en emosie en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking.

Volgens Lidi self is dit “’n snaakse, sad, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self.” Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is.

Die Windpomp (Cowleylaan), Oudthoorn
Afrikaans
Geen o. 13 OB, T
90 min.

DATUMS
31 Maart 2026, 16:30
1 April 2026, 13:00

Petronel Baard het ‘n volle, nuwe album geskep vir Vrou, Vrouer, Vrouste van Lidi se digkuns en ander musiek uit haar pen. Besoek https://www.petronelbaard.com

Vrou Vrouer Vrouste
Vrou Vrouer Vrouste

Lewer kommentaar

Leave a Reply