As jy iets anders as braaivleis eet. op Menseregtedag wil probeer. Op 21 Maart trek ’n klomp van Suid-Afrika se verhoog-adel hul beste note, stories en danspassies aan vir March of Freedom by die Joseph Stone Ouditorium.

Die aand se rolverdeling lees as volg: Amanda Strydom, Thembi Mtshali-Jones, Loukmaan Adams en Nuur Leeman vat hande, terwyl die internasionale dansfenomeen Musa Motha ook ’n draai maak om die gehoor se asem weg te dans.

Agter die kunstenaars staan die kreatiewe duo Aviva Pelham en Basil Appollis, terwyl uitvoerende vervaardiger Elvis Sibeko belowe die aand gaan minder van ’n lesing en meer ’n musikale viering wees.

Met musikale leiding deur Stefan Lombard en ’n opwindende band onder leiding van Blake Hellaby sal die klanke van ghoema, marabi en Kaapse jazz vrolik saamkuier met Afrikaanse en Afrika-mélodieë.

Kortom: dis plaaslik, dis histories, dis ’n bietjie glans – en ja, dis nogal lekker.

Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by Webtickets.

March of Freedom
March of Freedom

Lewer kommentaar

Leave a Reply