#Vryfees Hie’ sit die manne

Hie’ sit die manne
Roekeloos
17 Julie

Drie manne braai en kyk rugby. Altyd gewonder waaroor manne om ’n vuur gesels?

Hul vrouens? Ander vrouens? Werk? Seks?

Dit lyk na ’n normale Saterdagmiddag tussen vriende, maar dan begin die wiele stadig afkom. Die manne rafel uit, hulle bieg en vertel mekaar goed wat niemand mag weet nie. ’n Mens sou kon sweer hulle is weerloos eerlik. En
om alles te kroon daag Ronel op om dinge nog meer deurmekaar te krap.

Die Afrikanerman soos jy hom nog nooit gesien het nie. Jis, kêrels, nou braai ons lekker!

Met: Deon Lotz, Waldemar Schultz, Neels van Jaarsveld
Regie & Teks: Leon Kruger

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen 0/14 jaar
Datum: Vr 18 Julie 18:00, Sa 19 Julie 17:00
Prys: R120
Tydsduur: 75 minute
Plek: Civic, Bloemfontein

Vryfees 2014

3

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar