’n Aand van grappe, stories, poësie en “booty shaking”.
Candy B is een van die uitsonderlikste verhoogkunstenaars in Australië. Hierdie skerp talent, met Suid-Afrikaanse ouers, het ’n tong wat soos ’n peits piets en ’n vlymskerp spitsvondigheid. Sy tree gereeld op Melbourne se Internasionale Komediefees op en is die ringmeester van Circus Oz. Sy baan haar eie paadjie en eet kultuur vir ontbyt. Dié vuurwarm bruin heuningkoekie verskaf ’n uur van grappe en kommentaar oor bruin grootword doer onder, veelrassige afsprake, hip-hop, “booty shaking” en haar groot sonde … koek.
Met: Candy Bowers
Genre: Komedie
Taal: English
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R80
Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium, Bloemfontein
Datum: 13 & 14 Julie
A taste of Candy B,
Roekeloos,
10 Julie 2015.
