Marion Holm vir Beginners

Marion Holm is al ‘n bekende by Suid Afrikaanse gehore en veral by feesgangers met haar eiesoortige, komiese eenvrouvertonings.

Marion Holm vir Beginners
Marion Holm vir Beginners
Kosie Smit het egter besluit om Holm se vertonings na ‘n weier gehoor te bring en vervaardig hierdie produksie wat spesiaal geskep is vir en slegs gaan speel by Montecasino en Theatre on the Bay.

In Marion Holm Vir Beginners stel Marion Holm haarself bekend aan diegene wat nog nie een van haar twaalf eenvrouvertonings gesien het nie; sy vat ‘n klompie hoogtepunte uit van haar vorige vertonings en ryg hulle op ‘n nuwe manier aanmekaar om ‘n vertoning te maak getrou aan haar styl van teater. Sy vertel stories en gebeure uit die alledaagse lewe waarmee almal kan identifiseer en juis daarom vind gehore dit so snaaks. Holm vertel van ‘n riller van ‘n vakansie in Zanzibar, die pyn van ‘n mammogram, die irritasie van karwagte, haar stil pa, Namakwalandse ma en twee susters, ‘n gruwelike geroei op die Oranjerivier en ook vele verhale van hoe sy haar eie naam met ‘n plank slaan. Holm se komedie is meestal oor haarself en haar eie foute en onvermoëns, wat die gehoor veilig laat voel en hoe meer hulle ontspan en agterkom daar is regtig nie gehoordeelname en Marion pik op niemand in die gehoor nie, hoe harder lag hulle.

In Marion Holm Vir Beginners stel sy ‘n geheel en al ander kant van haarself bekend en laat sy jou met ‘n nuwe oog na die alledaagse lewe kyk en skater van die pret. Kaartjies kos R130 – R165 elke en is te koop by Computicket.

Regie: Chris Vorster
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Vervaardiger: Kosie House of Theatre

Plek: Studio Theatre, Montecasino
Datum: 15 Julie tot 9 Augustus
Kaartjies: R130 – R165 by Computicket

(foto: Robert Hamblin)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar