Mense sê die Vrystaat is waarheen verlore siele trek om dood te gaan, waar geheime die emmer skop, waar die aarde so plat is jy sien jou hele toekoms as jy ’n windpomp klim …
En so ontmoet drie vervreemde susters een Saterdag vir Ma se begrafnis in Amper, ’n dorpie duskant nêrens. Daarby het die vreemde omstandighede rondom hul ma se dood die hele kontrei aan die gons.
Met: Antoinette Louw, Milan Murray, Cintaine Schutte
Regie: Nico Scheepers
Teks: Nico Scheepers
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R100
Plek: kykNET-Scaena, Bloemfontein
Datum: 13, 15 & 17 Julie
Amper, Vrystaat!,
Roekeloos,
11 Julie 2015.
Lewer kommentaar