Ná die sukses van die-hoe-se-wat-se-wie-nou-weer? is Bertie en Alfrieda Botha terug, in Die Wagkamer, geskryf deur Saartjie Botha.
Wat is ’n “mondigwording“-storie? Mens sien prentjies van avonture en ’n gelag en verwarring en hartseer. Dis presies wat Die Wagkamer is – behalwe dat dit 60 jaar later is – ’n tweede “mondigwording“. Nuwe woonplek, nuwe bekommernisse, nuwe vrese. Twee oumense wat nuwe dinge ervaar – deur mekaar se brille daarna kyk en lag terwyl hulle wag.
Elize Cawood en Wilson Dunster in nog ’n treffer-tragi-komedie.
Met: Elize Cawood & Wilson Dunster
Regie: Johan Engelbrecht
Teks: Saartjie Botha
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans & English
Tydsduur: 60 minute
Kaartjies: R120
Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium, Bloemfontein
Datum: 15 – 17 Julie
Die wagkamer,
Roekeloos,
11 Julie 2015.