#VSKunstefees Christine

Paul Harmse se worsteling om sin te maak van die lewe word ’n kringloop van bevryding en selfkastyding; die alomteenwoordige skuldgevoelens waarvan hy wegvlug word paradoksaal ook die gevangenisskap wat verhoed dat hy kan ontsnap.

Bartho Smit se omstrede drama word ’n bepeinsing van die vergeefse ontwyking van ’n mishandelde verlede en die gedwonge sosiale verband tussen mense, tussen man en vrou, tussen Paul en Christine.

Met: Peter Taljaard, Marli van der Bijl, Magda van Tonder

Regisseur: Pieter Venter

Teks: Bartho Smit, verwerking deur Pieter Venter, Walter Strydom

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 40 minute
Kaartjies: R100
Plek: kykNET-Scaena, Bloemfontein
Datum: 14 Jul 21:00, 15 Jul 20:30, 16 Jul 10:30

Vrystaat Kunstefees 2016

Christine

#VSKunstefees Christine


2

Lewer kommentaar

Leave a Reply