#VSKunstefees Sarah

Saartjie Baartman se reste is begrawe op ’n heuwel in Afrika omsingel deur ’n groen devil’s fork-heining. Destyds in Europa is sy bekyk, ontdek, bevoel, bedek en bewonder; meer onlangs in Suid-Afrika ook. Sarah is ’n besinning oor ’n teater, ’n vertoning en ’n akteur wat woorde opsê: ’n slaaf van die rol wat vir […]

#VSKunstefees Christine

Paul Harmse se worsteling om sin te maak van die lewe word ’n kringloop van bevryding en selfkastyding; die alomteenwoordige skuldgevoelens waarvan hy wegvlug word paradoksaal ook die gevangenisskap wat verhoed dat hy kan ontsnap. Bartho Smit se omstrede drama word ’n bepeinsing van die vergeefse ontwyking van ’n mishandelde verlede en die gedwonge sosiale […]