Harde eiers? Sagte eiers? Warm melk of koue melk? Wit brood of bruin brood? To be or not to be? Was Shakespeare dan ook ’n waiter?
In hierdie bekkige toneelstuk steek Ilne Fourie die draak met kliënte wat sy die afgelope jaar as kelnerin bedien het. Daar word geskinder, geklets, gekloek en natuurlik gekoek en tee tot jy skaterlag.
’n Indringende kykie van wat agter die skerms … of sal ‘n mens liewer sê skinkborde gebeur! ’n Dag in die lewe van ’n kelner is alles behalwe koek en konfyt!
Met: Ilne Fourie as Ilne Fourie, jul kelner vir die aand
Regisseur: Ilne Fourie
Teks: Ilne Fourie
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: 10 –
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R110
Plek: OFM-Albert Wessels-ouditorium, Bloemfontein
Datum: 13 Jul 17:30, 14 Jul 13:00, 15 Jul 20:30
Sharrap en eet jou kos
#VSKunstefees Sharrap en eet jou kos
Roekeloos
2