#VSKunstefees Tsjekhof-triptiek

Die beroemde dramaturg op sy skerpste!

Drie kort tragi-komedies verwerk vir die Vrystaatse pryswennerakteurs en -regisseurs saam aangebied met twee kort pouses. Die skadelike effek van twak is ’n solostuk oor ’n pateet wat ’n toespraak moet maak oor die skadelike effek van twak. In ’n Tragiese kêrel – teen wil en dank smeek ’n staatsampenaar sy stadvriend vir ’n rewolwer om sy kop weg te blaas. Getroude mans sal skater vir sy relaas oor sy daaglikse lot. Swanesang is ’n juweel oor ’n ou akteur en ’n ou souffleur se laaste aand in die teater wat die hartsnare gaan roer!

Met: Chris Vorster, Thys Heydenrych, Johann Nel, Nico Luwes, Pieter Venter
Vertaling, verwerking & regie: Nico Luwes
Teks: Anton Tsjechof

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Tydsduur: 100 minute
Kaartjies: R95
Plek: kykNET-Scaena, Bloemfontein
Datum: 15 – 17 Julie

Vrystaat Kunstefees 2015

Tsjekhof-triptiek,
Roekeloos,
12 Julie 2015.

2

Lewer kommentaar

Leave a Reply