Lag is die beste medisyne en jy kan jou voorskrif op Sondag, 20 September aanlyn kom kry in Lefra se Kelderkonsert Amper Oud, met Afrikaans se voorste stand-up komediant, Hannes Brümmer.  Amper Oud word om vyfuur regstreeks uitgesaai.  Kaartjies kos slegs R120.00 per huishouding om die volle produksie in jou eie sitkamer te geniet.  Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za.  Die Lefra Kelderkonserte word aangebied met die trotse ondersteuning van RSG, Sounds Good, Hollywood Costumes, Van Loveren Wines, Renegades Removals, Ambassador Execudrive, Q2V Productions en Savvy Holdings.

Daar word gereeld vir Hannes Brümmer gevra of hy hiperaktief is, maar die man sit nooit lank genoeg stil om uit te vind nie!  Sy komiese styl is uiters energiek en nogal fisies, en sy tong bars feitlik deur sy wang.  Hy hou daarvan om eerlik te praat oor sy Afrikaanse erfenis, die invloed van die media op die samelewing en die immergewikkelde stryd tussen die geslagte.  Hy is soms selfbeheersd, maar byna altyd optimisties.  Oor Amper Oud, sê Hannes hy begin ook ‘n skeet of twee voel in die oggende as hy opstaan.  “Dit was dus vir my die logiese keuse vir ‘n titel.  Ek is nog baie jonk van gees, maar die jare die sluip verby.  Ek is beslis nie oud nie, maar moet ook maar die realiteit in die oë staar – van daar die titel Amper Oud!  Alhoewel ek “amper oud” is, kan ek partykeer vir myself lekker lag.  Juis daarom dink ek dat die gehore ook hierdie produksie sal geniet.”

Hannes is sedert 2005 ‘n lid van Joe Parker se Improv Express en daarna die Starship Improvise.  Hy het ook die afgelope vyf jaar ‘n gereelde gesig in Suid-Afrikaanse stand-up-komedie-klubs geword en in verskeie toonaangewende plekke opgevoer, asook feeste soos Rocking the Daisies en Splashy Fen.  Hannes is ook een van Die Flying Dutchmen, ‘n Afrikaanse komedieduo saam met Melt Sieberhagen, wat hulself as die voorste grapmakers van Afrikaans Stand-up bewys het.  In 2008 en 2009 was hy ‘n finalis in die Jozi Comedy Showdown.  Hannes is ‘n bekende gesig op televisie en kykers sal hom onthou in reeks soos Een SkoenlapperAmalia, Villa Rosa en Binnelanders.  Hannes was ook medeskepper van Blikskottel op kykNET en was betrokke by die SAFTA-genomineerde Kompleks, beide as skrywer en akteur.  In 2019 wen Hannes die SAFTA-toekenning as beste akteur in Elke Skewe Pot, ‘n loopbaanhoogtepunt.  Hannes het in verskeie van Lefra se klugte verskyn, waaronder My Vrou se Man se Vrou en ook My oom se Vrou se Plekkie

Komedie is harde werk.  “My wonderlike en geduldige vriendin, Melodie, en ook my pelle moet voortdurend deur die aanvanklike en dikwels glad-nie-snaakse idees ly, maar die waarheid is dat enige grap so vinnig as moontlik op die verhoog getoets moet word”, sê Hannes.  “Al dink ek net daaraan in my kar oppad na die konsert, moet ek die risiko neem.  Die grappies vind hul voet op die verhoog.  As hulle egter nie werk nie, is dit terug na die geliefdes vir nog ‘n rondte.”  Hannes sê dat hy van stand-up hou omdat hy beide improvisasie en geteksde materiaal kan kombineer.  “Ek het ‘n stel grappies in die teks in my kop, maar op ‘n gegewe aand word dit anders gelewer, met die toevoeging van die gehoor.  Jy is dus altyd op die rand van ‘n afgrond.  Dit gesê, die uitdagings om ‘n draaiboek op te stel, is niks om mee te spot nie.”  Dis vir Hannes moeilik om aan ‘n beroep buite die vermaaklikheidswêreld te dink.  “As ek nie kon optree nie, sou ek waarskynlik skryf oor mense wat optree.  Of ‘n winkel gehad het wat strokiesprente verkoop”.

WEN TOEGANG TOT AMPER OUD MET HANNES BRÜMMER OP SONDAG, 20 SEPTEMBER @ 17:00!

Een leser kan toegang wen tot Amper Oud met Hannes Brümmer op Sondag, 20 September om 17:00!   Om deel te neem aan ROEKELOOS en Lefra se kompetisie, kan jy die volgende na 43366 SMS: WEN AMPER OUD ROEKELOOS, dan JOU NAAM EN VAN en dan JOU STAD OF DORP.  Dieselfde inligting kan ook per epos gestuur word aan wen@lefra.com met LEFRA & ROEKELOOS AMPER OUD KOMPETISIE as onderwerp.  Wenners sal telefonies gekontak word en die beslissing van die Redakteur is finaal.

Hannes Brümmer

Lewer kommentaar

Leave a Reply