Vol klagtes en gedagtes
Hulle is van die gewildste skrywers in Afrikaans.

Marita, Karin en Deon verklap ’n paar skrywersgeheime en -vrese. Dis ’n drama, ’n gesprek, ’n geskinder, ’n draakstekery, ’n ontboeseming en ’n soort aweregse skryfskool. Dis die antwoorde op
die (onordentlike) vrae wat hulle nooit op boekverhoë gevra word nie! Hulle praat met mekaar (en van mekaar), met hulle lesers en karakters, en met hulleself.

Hulle het ’n lang pad gekom van voortvarende joernaliste tot internasionale skrywers.

* Debuut *

Deur en met: Marita van der Vyver, Deon Meyer en Karin Brynard

Regie en stelontwerp: Tim Theron

Genre: Drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking:
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R120 – R140 | R140 – R160 by die deur
Plek: Hoërskool Stellenbosch, Stellenbosch
Datum: 8 Maart 11:00 | 9 Maart 20:30 | 10 Maart 13:00
Woordfees 2018


Werkwoorde

Werkwoorde


2.5

Lewer kommentaar

Leave a Reply