What the EFF?

Nik Rabinowitz is tans op verhoë landwyd met What the EFF?

Al wat ’n nuwe gier is in Suid-Afrika loop deur onder Rabinowitz se skerp tong; beurtkrag, motordiefstal, verkeersligte wat nie werk nie en natuurlik sommige politici wat na die parlement opruk in Pep Stores-oorpakke en Italiaanse skoene.

Van die lowergroen benderyk Constantia tot die mitiese boekvoorraad van Limpopo! Rabinowitz kyk na alles en vra “What the EFF?”.

Vanaf 23 Februarie tot 14 Maart is hy in die Baxter in die Kaap. Die jong komediant Sne Dladla skop verrigtinge af voor Rabinowitz oorvat.

Kaartjies kos R 120 en R 165. Bespreek by Computicket. ’n Ouderdomsbeperking van 13 jaargeld.

What the EFF
What the EFF

Lewer kommentaar

Leave a Reply