‘n Skreeusnaakse aand van komedie saam met Sami Hall is wat op jou wag terwyl sy die samelewing se mees belaglike vrae in haar eenvrouvertonnng, Why I’m Still Single (and Other Stupid Questions) aanpak. Met vrae soos “Hoekom is jy nog enkellopend?” tot “Watter soort melk wil jy hê?”, bevaar Sami haar in die absurditeit van die alledaagse, en in die sogenaamde mylpale wat jy in jou dertigs ‘veronderstel’ is om te bereik.

Maak jouself gereed vir ‘n kykie na die lewe se domste verwagtinge in ‘n vertoning propvol geestigheid, eerlikheid en Sami se kenmerkende komiese chaos.

By Die Boer teater restaurant in Durbanville op 15 & 16 April om 20h30

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Sami Hall 2025
Sami Hall

Lewer kommentaar

Leave a Reply