Wanneer Letters of Reflection deur die WGRUV Dance Company van 09 tot 13 April debuteer by die Lesedi by Joburg Theatre, verwelkom hierdie nuwe kontemporêre balletgeselskap ses nuwe dansers: Javier Monier, Chantelle Ferreira, Samantha Melis, Nicola Tolmay, Laura Gaudin en Wenzi Magasela.
“Ons is bevoorreg om saam met hierdie ses nuwe dansers te werk,” sê Holly Gruver, stigter van die WGRUV Dance Company. “Elke danser bring ‘n ander persoonlikheid en vaardighede wat die bestaande WGRUV-talentpoel komplementeer en sodoende ons lewenskragtige span uitbrei. Ons is opgewonde om hulle in ons dansfamilie te verwelkom en om hulle op die verhoog voor te stel wanneer hulle by ons besonderse talentvolle geselskap aansluit in ons nuutste werk, Letters of Reflection“.
“Die mense met wie jy werk kan die ervaring maak of breek. Wanneer jy geseën is met die regte mense in die span, maak hulle dit onvergeetlik. Ons dansers het onvermoeid gewerk om iets werklik kragtig na die Lesedi-verhoog by Joburg Theatre te bring. Moet dit nie mis nie, maak gou, bespreek nou!” sluit Gruver af.
Kaartjies beskikbaar by webtickets.co.za en kos tussen R100 en R220.

