Bekroonde sangers André Terblanché en Corneil Muller span kragte saam vir ’n unieke konsert wat ’n onvergeetlike aand van musiek beloof. Beide kunstenaars is bekend vir hul veelsydigheid en sal ’n diverse program aanbied wat strek oor genres en generasies heen – Van Bublé tot Bocelli. Met André se musiekteater-ervaring en Corneil se ligte-klassieke agtergrond sal hierdie dinamiese duo ’n ryke en boeiende ervaring vir alle musiekliefhebbers lewer. Liedjies soos, Love of my Life deur Queen, Melodramma soos gesing deur Bocelli, Brel se Madeleine, en Bublé se Haven’t met you yet, is maar net ‘n paar van die treffers wat verwag kan word.
Moet hierdie geleentheid om twee ongelooflike stemme op een verhoog te sien, nie misloop nie!
By Die Boer teater restaurant in Durbanville op Sondag 13 April om 14h00
Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com
