#Woordfees Pienkvoet

Pienkvoet,
Roekeloos,
6 Februarie.

En toe is julle drie. Na nege maande het julle Pienkvoet gearriveer.

Julle’t al die boeke gelees, die internet vir slaggate gefynkam en jul ore vir al wat raad is gespits, maar niks kon julle voorberei op die totale aanslag van ‘n eersteling nie.

Na die eerste ses weke besef jy jy het ses weke laas geslaap en wonder of die hospitaal dit sal oorweeg om die wonderwerkie terug te neem. Maar nes jy breekpunt bereik wanneer jy een middernag hande viervoet deur die trane die kind smeek om te slaap, smile sy vir jou. Nou wat nou? As jy ‘n ouer is, sal jy weet waarvan ons praat en as jy dit oorweeg of sommer wonder waaroor al die bohaai van ouerskap is, is die skreeusnaakse sketskomedie, Pienkvoet, net vir jou.

Met: Chanelle de Jager en Paul du Toit
Teks en regie: Leon Kruger

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/14 jaar
Tydsduur: 75 minute
Kaartjies: R 120
Plek: Drostdy Teater, Stellenbosch
Datum: 7 Maart 10:00 | 8 Maart 20:30 | 9 Maart 15:00

Woordfees 2015

2

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar