#Woordfees Praat van die Duiwel

Praat van die Duiwel,
Roekeloos,
7 Februarie 2015.

Afrikaans se bekende satirikus, MM Walters, is vanjaar 85 ‒ maar nog lank nie koud nie.

Sedert die 1999-sukses van Praat van die Duiwel, het hierdie produktiewe digter min gerus en daardie teks aangepas en bygewerk om tred met die tye te hou. Kom luister hoe hy sy vlymskerp pen subtiel en elegant in die gal doop en die duiwel kommentaar laat lewer oor die mens en ál sy geite, glipse en gelowe.

Met: Johann Nel
Regisseur: Juanita Swanepoel

Genre: Komedie
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 55 minute
Kaartjies: R 100
Plek: Klein Libertas Teater, Stellenbosch
Datum: 9 en 11 Maart 17:00

Woordfees 2015

2.5

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar