Krisistye inspireer dikwels die mooiste kuns.
In April 2015 het twee ou vriende, Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout, ’n verhoog in Oudtshoorn bestyg en die deels geïmproviseerde kabaret, Terug na
die Kombuis, opgekook te midde van beurtkrag, vreemdelinge-haat, ekonomiese verval en kulturele polarisasie.
Die bebaarde eks-aktivis en die ewe bebaarde dog meer bedaarde vakbond-deskundige, het uitgepak oor alles wat hulle pla: ontnugtering oor korrupsie, klimaatsverandering, oorlog, plae en hulle loopbane.
Geen doekies is omgedraai nie. Geen boodskap van hoop is uitgedra nie. Tog was gehore gaande daaroor. Die twee digter-sangers is nou terug op die planke met ekstra rampe en ontnugterings ingeroer, maar ook selfs ’n knippie hoop.
Met: Koos Kombuis en Andries Bezuidenhout
Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Ouerbegeleiding
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R100 | R120 by die deur
Plek: Laer as laag, Stellenbosch
Datum: 5 Maart 11:00, 7 Maart 14:30, 11 Maart 18:00
Terug na die Kombuis,
Roekeloos,
7 Februarie 2016.