Afrikaners is plesierig – dit wil hulle glo.
Hulle koop graag groot slotte en bid met oop oë.
’n Begrafnis of twee, dié ken hulle wel.
Van verversings kan hulle jou baie vertel.
En nou is dit basaartyd op die dorp. Die son staan stil en die hele gemeente verskyn. Hessie is besope, Dominee probeer almal naderhark en Suzie Verster wen die prys vir die stalletjie van die jaar.
Ja, Afrikaners is plesierig. Dit wil hulle glo. Oor ’n week weer ’n aanval en dan maak hulle só:
Eers sterf die ou vroutjie en dan sterf haar ou man; ’n dag lank die hoofnuus en dan gaan als maar weer aan.
* Debuut *
Met: Anja van den Berg, Loané van Sandwyk en Madelein Joubert
Begeleiding: Leonore Bredekamp
Genre: Kabaret
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen
Tydsduur: 1 uur
Kaartjies: R80 | R90 by die deur
Plek: Oude Libertas-ouditorium, Stellenbosch
Datum: 6 Maart 18:00
Verplaas,
Roekeloos,
4 Februarie 2016.

Lewer kommentaar