Te veel tuine ly aan leë kolle waar, volgens die huisbewoners, niks wil groei nie. Skadu areas bied egter ’n geleentheid om ’n verskeidenheid eiesoortige plante in jou tuin te vestig.
Voor jy op ’n plant besluit moet jy sorg dat daardie skadukol verryk met mis en kompos.
As daardie kol altyd nat is, kan jy Krismisrose plant. Plante wat ook mooi vertoon en goed aard in die skadu is Fuchsias, Varkore, Impatiens, Begonias, Azaleas, Katjiepierings, Kamelias, Vingerhoedjies en Vergeet-my-nietjies.
’n Ander voorstel vir daardie skadukol is om ’n deklaag klipgruis of boombas daar te gooi en mooi te omring met ’n grondbedekker of ’n heining van afvalmateriaal.

