deur Francois Koegelenberg
Ware verhaal.
Okaukuejo. Afrikaans. Means “elephants’ bath” in Afrikaans and is the name for an artificial waterhole created on a natural depression in the area, where elephants come regularly to drink and bathe.
Gister kry ek die boodskap van die hawt vrou en sy vra of my stories real is. Ek sê ja dis altyd. Sy sê sy like dit befok. Maar wat het my al die meeste laat lag? Waarskynlik die een. Vra vir Jay Koegelenberg en Johan Koegelenberg.
Paar jaar terug gaan kuier ek vir laasgenoemde in die manjifieke Namibië. Ons was in Windhoek, Rehoboth, Naukloof, Sesriem, Swakop en toe die fenomenale Okaukuejo in Etosha. Ons kamp en die diere staan die watergat vol. Wall to wall Springbok.
Amazing!
Die olifant koeie laat toe dat die kleintjie gaan speel met sy pappa, die uitgestote ou bul. En toe hy protesteer toe die klein mannetjie moet terug gaan toe flap die dames se ore. En hy en kleintjie slurpdans vir die laaste keer. Hel dis hard.
Later braai ons weer en die Overlander stop langs ons. Die drywer klouter uit. En stap na ons met sy kis Castle. Almal drink Tafel in die mooi land maar hy kom sweet-sweet na ons. Sy Engelse jong toeriste klim uit. Wit soos die spook van Carnarvon. Drikus, ons nuutste vriend, drink saam met ons.
Die Engelse girls kom kla dat die middagete nie vegetaries is nie. Drikus down sy bier en stap nader. Nader na die borde met die Pilchards en die pap tamatie en koorsblaarslaaiblaar. Hy vee die visgedeelte af in die bin en seg daar is dit nou.
“Vegefuckintarian!”
Die donkerte kom en hy verduidelik dat hy sy tjom uithelp van die Overland-besigheid. Hy is eintlik ‘n bodyguard en gee sy kaart. Na die hele bottie Jagstemeister vertel hy van die Prins van Bahrein in die Bay Hotel wat vir twee prossies gevra het.
Hy reël dit en die poppe dans. Kaal. Nakend kaal. Die lapkop en sy gevolg sit en kyk. Nadenkend. Dinge raak vuurwarm en Drikus druk sy hele sakdoek in sy bek. En die Prins blaf: وصيف, خادم; تسريحة شعر نسائية wat hofknaap beteken.
Die jongman kom in gesluip en die Edelman klouter hom want hy weet waar hy vandaan kom. Maar hy kyk nog steeds.
Maar hy weet nie waar die Kaapse hoere vandaan kom nie.
