‘n e-mail vir iemand naby aan my

Môre mens…

ek sit hier met sulke klein hopies papiere al om my maar nou ja ek werk nie daaraan nie… aan die een kant lê ´n lys van anatomie boeke wat ek moet bestel en aan die anderkant lê daar ´n hoop prentjies wat ek bymekaar geskraap het vir een of ander rede wat ek nie nou kan onthou nie en daar is nog die bank balancing boek ook hier somewhere… maar nou ek het moed opgegee… dit is nou 8:30 en dalk slaap jy nog as ek hier by die werk sit – ag nee jy kannie vir my sê jy slaap nie soms lekker laat nie en lê innie bed en kyk biekie die toasty show nie… of dalk is jy die intelektuele tipe wat cnn of bbc kyk… of dalk het jy ´n video op…

Best (or worse) lie I´ve ever told: No…you were great. Really.

nou ja ekke wonder wat het van jou en jou bank bestuurder geword… sê hy jy is mal of sê hy “kom mnr ek-wil-geld-by-die-bank-leen, kom in vir tee of branewyn (of dalk offer hy jou kognac)”

eks nogal nuuskierig…

dalk dink ek deesdae te veel maar dalk sê ek deesdae te veel wat ekke dink… maar uit moet dit uit want hoe meer ek sê hoe meer dink ek aan goed om te sê al is ekke jou malmoer (en ek weet jy bedoel dit as ´n kompliment)…

dit het my lekker laat lag – die mense hier dink seker ek is besete – ek lag sommer net vir lettertjies op my screen…

ek lees ook so tussen al die papiere deur personal adds op nerve.com ai om te sien hoeveel mense daar is wat soek… daar is wonderlike fotos en slim sêgoed daar en ek lees dit net om te sien hoe die ander helfte leef… daarmee bedoel ek die helfte in america…

dalk moet ekke maar ophou lees al is hulle hoe entertaining…
en begin boeke bestel…
of werk…
of slaap

hoeveel weeg ´n mens se kop
myne voel vandag 10 kilos swaar… en ek dink my skouers gaan induik en my oë uitpop…

More about who I´m looking for: Please read and dance. Argue passionately about ethics. Feel passionately about music. Have a strong affinity for the hours between midnight and 6AM.

maar ek dink die naweek se slaap sal dalk help om my kop en las te verlig want soos gewoonlik praat ekke te veel en ek dink ek dink te veel en nou ja as ek als neerpen wat ekke dink en dit vir mense (ja you guessed it Mr Mopap) gee dan hol hulle in die teenoorgestelde rigting en ek sien net stof spat en die klippe tref my teen die kop…

maar nou ja genoeg gekerm

dalk dink ek so baie omdat ek vir so lank niks kon dink nie net doen en was en vergeet en thats it… dalk probeer mens oopmaak maar dit werk nie – dalk is dit soos ´n droom waar mens al jou klere uittrek en dan kom iemand en die slaan jou met ´n stok tot jy vrek en leeg-gebloei is…

dalk moet ek ophou dink
dalk moet ek ophou sê wat ek dink en dan sal die geslaan weggaan?

maar mens moenie ophou dink nie mens moet baklei virrie dinge wat jy wil hê en mens moet sê wat jy dink as jy dit goed bedink het en baie daaroor innie nag getjank het… mens moet enige ding en als kan dink en vry voel en wees om te sê wat jy dink en mens magnie jouself limit deur net op te hou dink nie – mense wat nie dink nie is morone is dood en leeg en hulle kannie laat innie nag by die venster uitstaar nie – al kan mens niks sien nie want jou oeuml; is dik getjank…

Why you should get to know me: Because there´s no one single thing that defines who I am. Because I delight in the grey areas, between labels and beyond expectations. Because I love to think and talk about almost anything with other intelligent people. And because I´m a pretty reasonably good correspondent and conversation partner.

my kop hol alweer weg met my siel en my fingers kannie byhou nie…

maar moenie vir my sê praat nie… want dan sê ekke niks nie ek dink die getik is makliker want as ekke nie wil deel nie delete ek dit net… maar ek dink jy is oud genoeg en slim genoeg om te verstaan…

wat te verstaan weet ekke nie want ekke weet nie altyd wat ekke hier sê of bedoel ek sê maar net vir jou soos dinge in my kop oppop en ek tik seker net so hier en daar raak want ek is seker ek skip hier en daar ´n sin of twee…

ek dink persoonlik ek word mal

ek dink te veel ure van verf-walms en gom het finaal sy tol geneem en ek dink my donker kant kruip uit…

dit maak my bang of is dit deel vannie hele proses wat hulle grootword noem…

ek will nou ophou kla

nie dat die kla is nie ek dink net ek tik die goed vir jou en wel whatever…

Best (or worse) lie I´ve ever told: “I love you” — a lie to myself, really. Never, ever again…

so wat kan jy my dan nog sê…

jy moet my sê wanneer jy aan daai prentjies en jazz van jou wil werk dan kan ek vir jou ´n stoel organise

lekker gesels ook tussendeur…

ons klets te min

ons klets te baie

maar hoe meer ons klets hoe meer is daar om oor te klets…

hoekom is ek so gemaklik saam jou…

dit voel of ek jou enige ding kan vertel, wys en maak

jy sallie lag nie – behalwe as dit regtig simpel is…
jy sallie oordeel nie – behalwe as jy lushet
jy sallie weghol nie – ek hoop

Last great book I read: An old friend recently gave me an ancient copy of Kipling´s Jungle Book, an old favorite…

so vandag is donderdag…
môre is vrydag en dan is dit naweek…

soms wens ekke ek was ´n eier wat innie veld deur die son uitgebroei is – ek dink daai vryheid van ek is ek en ek is ek fullstop is vreeslik bevrydend behalwe die kere wat mens wil vrek van eensaamheid

ek het die naweek ´n family gathering oooooooh dêm in pretoria nogal… en ek willie soentoe gaan nie want dit beteken ekke moet ophou dink en my mond vol vetterige vleis rys en artappels stop en na die tyd skottelgoed was ipv slaap innie koelte onner die boom… daar is net een boom in die tuin – so dit kan dalk crowded raak… slaap in my kartonbox in die son dan eerder…

Why you should get to know me: I know karate. Voodoo, too.

en daarna moet ek na eindelose stories sit en luister hoe die mense dooie lewens lei en jaag na die dinge in die lewe wat rerig saakmaak soos kos geld en klere… en ek moet my seker gedra en saam kekkel want dit is mos hoe dinge hierrond werk… kekkel sonner om te dink… dit is baie moeilik want ek praat nie sonner om te dink nie… en dan wil almal weet wat met my makeer…

ek is nie een van hulle nie en ekke wil nie daar wees nie…

almal vra ook altyd vrae…

“hoe gaan dit met jou?” kak dankie
“hoe gaan dit met die liefde?” die wat?? ek weet nie maak dit saak?
“hoeveel geld het jy in die bank?” fokkol dankie
“vertel my jou planne vir die huis…” ekke willie
“wil jy nog vleis he?” nee dankie ek eet nie rooivleis nie!
“hoekom nie?” want ek wil anders wees
“hoekom?” want julle maak my mal

Fill in the blanks: creativity is sexy, creativity with intelligence is sexier

hoekom het mens sulke mense om jou nodig en is dit veronderstel om te voel asof jy jou insides speciaal by die huis los om te survive virrie dag… is mens veronderstel om na so ´n dag op jou bed neer te plonk en gedaan te voel… asof jou siel en insides leeg getap is asof jy honger na nog vleis rys en artappels …

More about who I´m looking for: I like intelligent women who are confident about themselves and able to do their own thing. Be yourself…be real. People who are artistic and creative seem to fit the bill most often with their interests and philosophies. I´m not normal, and hopefully neither are you.

wie is daai kopdokter waarheen jy die annderdag was?
dalk gaan kuier ek vir hom – en dalk vat ek my siel saam sodat hy my kan dissekteer en medisyne kan gee om my te maak slaap in plaas daarvan dat ek 3 in die more nog by die donker venster uitstaar en nogtans fokkol sien tot die son opkom en my oë seermaak…

ek wil graag 3 blues en 2 groen pilletjies hê asb oom dokter – die groenes is vir slaap en die bloues is om die grootbek bobbejaan in my kop dood te maak…

dalk kan jy ook vir my ´n rooi pilletjie gee sodat ekke kan verdamp

dan sal mens seker vry wees!

Fill in the blanks: Being able to laugh at yourself is sexy, being able to laugh at yourself in bed is sexier

Ek hou vannie gebou wat jy my gestuur het…
veral die boog bo om is mooi ek kan net dink hoe dit moet lyk as mens binne staan en uitkyk en hoe dit voel as die middag sonnetjie mens so lekker op jou lyf agter jou lessenaar bak
dit is ´n mooi gebou – baie simetries behalwe virrie deur… of is daar nog een… een vir in en een vir agteruit? Werk daai gebou soos ´n mens in by die voorkant uit by die agterent?

slim
kreatief – ek sou nie so een kon uitdink nie…
bruingebak soos ´n lyf innie somerson op ´n tropiese eiland in die middel van nerens…
rond soos ´n vrou se lyf seker moet wees…

More about who I´m looking for: she is a woman who appreciates her own femininity, her creativity and the light that she brings into the room and other people´s lives, just by being herself

ek wil ook so bruingebraaide pophuisie hê met vensters wat die son sal welkom en dan soos iemand sing kan ekke ook mos die son in ´n donker hoekie ophang om die gang te verhelder… ek wil ´n helder gang hê een wat ek goudgeel kan verf sodat ek die mense wat in my huis inkom my songeel gang kan wys…
´n bruingebrande huis met ´n goudgeel derm…

maar dit kom nog en dit is nog vêr en ekke moet seker ophou tik en dink en begin werk… of iets… of slaap onder palm op een of ander wit strand se sand waar ekke kan gil as ek lushet of net kyk as ek wil of dalk kan ek daar bly in my kartonbox op die see…

ek het sopas pos gekry – een van Hong Kong mooi seëls ek gaan hulle hou en die ander kom van die UK wonner van wie af…

Fill in the blanks: confidence is sexy, rain on the beach is sexier

wel nou ja laat weet my wat omie bankbestuurder gesê het…

liefde en soene
(klink net reg en omdat ek lushet)
Jane*

Why you should get to know me: I am a fun, worthwhile human being. It is easy to see,not so easy to be seen… What did my grandma say? “Still waters run deep.” I can be crazy and I can be quiet. I just want to live right now.

*aka malmoer

– skrywer: Jane Dahling

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar