Mevrou Dominee is die toonbeeld van ‘n Sarie voorblad-vrou. Sy gedra haarself altyd elegant – tot in die moelikste situasies. Die eerste keer dat sy onraad gemerk het was tien voor elf Donderdagoggend. Sy was net besig om haar hare droog te blaas toe sy die nota op die bedkassie gewaar in die spiëel se refleksie. Maria moes dit seker daar gesit het, na sy die bediende al tien keer gevra het om self persoonlik telefoonboodskappe aan haar te oorhandig. Maria het ook weer geen ore vanmôre nie. Met nadere ondersoek verneem onse Mevrou Dominee dat haar elfuur (Mnr Visage van die koöperasie) twaalfuur kom, iets het voorgeval. Maar sy het reeds vir Dr Bouwer om twaalf. Mevrou Ds frons nie graag nie, dit lei net tot onnodige plooie, maar daar is ‘n effense skemering van ‘n lyntjie tussen haar oë te gewaar.
Sy is gelukkig nie een vir paniek nie, en weet hoe om ‘n moelike situasie met ‘n positiewe gemoed aan te pak, ‘n klein ietsie wat ‘n goeie organiseerder soos sy behoort te weet. Sy sal bloot haar hare half-klam vassteek, en vir Dr Bouwer bel om dadelik te kom. Sy sal hom net oortuig dat sy haar wellus nie langer kan uithou nie en dat hy haar dadelik sal moet kom bloots ry. Sulke walglike taal is nie eintlik in Mevrou Dominee se woordeskat nie, maar sy is bereid om haar tong uit te leen vir die situasie op hande.
Die ontvangsdametjie het die foon sommer al na die tweede lui opgetel. "Dr Bouwer se spreekkamers, môre". Mevrou Dominee is ‘n gesiene dame op die dorp en word met alle respek en liefde hanteer, dus was sy gewoond aan spesiale behandeling van die ontvangsdametjies op die dorp. Sy kan ‘n "oomblikkie" van enige een van haar kliënte se tyd kry, al is hulle in vergaderings of besig met die ondersoek van ‘n pasiënt. Als het nog altyd seepglad vir Mevrou Dominee verloop wanneer dit kom by spesiale voorkeur, tot vanoggend.
"Ek is jammer Mevrou Dominee, maar Dokter is in die teater. Noodoperasie op Meneer Visage van die koöperasie se seuntjie. Hy sal wel net voor twaalf klaar wees, maar ek twyfel of Mevrou Dominee hom in die hande sal kry, hy het ‘n dringende huisbesoek om twaalf. Daar is nie ‘n manier dat hy voor twee sal terug wees nie. Kan ek vra dat hy Mevrou Dominee terugbel?"
Die plooitjie tussen Mevrou Dominee se oë is nou weer te gewaar. Eerstens omdat sy weet dat die ‘dringende huisbesoek’ hier in die pastorie is, en tweedens omdat sy weet hy is meer van ‘n twaalf tot half-een geval as ‘n twaalf-tot-twee-hings. Sy sit die telefoon neer sonder om te groet. Hulle sal maar moet dink die lyn is afgesny, sy het nou ‘n probleem en maniere gaan eers moet wag.
As Mnr Visage en Dr Bouwer gelyk arriveer gaan dit die einde van haar afsprake beteken en sy is nie bereid om haar plesiertjies op te gee nie. Die lewe vir die vrou van ‘n lewensgetroue kerkman is baie grys, en die dinge van die "lus" niks meer as tien minute se absolute styftrekkings nie. Sy is ‘n uitstekende lover en haar bedmaniertjies is uit die boonste rakke. Sy hou daarvan om stout wees met etiket te kombineer tussen die lakens. Vra enige van die twaalf mans wie onder haar sykouse deurloop. Die probleem is net dat as enige van hulle van mekaar moet uitvind, sal geeneen van hulle meer belangstel nie. Dis nie asof sy soos ‘n slet rondslaap en allerhande siektes optel nie, sy het elkeen eers homself laat toets, en sy weet sy is kiem-vry. In elk geval werk sy volgens ‘n georganiseerde rooster en oorbederf haarself nie. Terug na die probleem tans aan die broei. Mevrou Dominee staan steeds met haar klam hare voor die bed en dink. Sy sou een van die twee kanselleer, maar sy kan dit nie bekostig hierdie week nie. Dr Bouwer kan nie gelos word nie, want sy wil hom iewers in die middel van die halfuur oorreed haar voorskrifte te hernu en Mnr Visage is haar beste kliënt. Sy probeer hom en Dr Bouwer elke week op dieselfde dag sien, sodat hy kan opmaak vir die goeie dokter se te-kort-kominge.
skrywer: Marteni Burger
