Sonstreep

Ek en Christiaan het vir die naweek weg gegaan. ‘n Romantic get-away in ‘n nuwe gehuurde Micra’kie (en het daai karretjie vir jou trek. Kan ek maar net sê, as ‘n Merc mens, die Micra het impress).

So jaag ons Maidenhead toe – daar is regtig so ‘n plek – en gaan lê in ‘n hotelkamer en betaal ‘n maand se huur vir twee toebroodjies en twee cokes.

Orals langs die pad sê of ek of Christiaan: kyk, dit lyk soos Barrydale… ja, die voel soos Wildernis… Parow, defenitief Parow, chip ons altwee op een plek in en lag lekker vir mekaar en vir hoe ‘n plek darem net ‘n vibe het. En daar, in die middel van slough staan ‘n SPAR. Ek het amper uit die bewegende kar gespring in my excitement en oor ‘n simpel SPAR, kan jy jou indink. Maar dis omdat ek verlang.

Biltong is soveel lekkerder in Engeland. Ek maak soveel makliker frikadelle en boontjiesop en roosterbrood en vetkoek, want eweskielik is dit nie so ‘n omslommernis nie. Alles Suid-Afrikaans lyk en smaak lekkerder en ‘n mens haal 15 rand vir ‘n pakkie Knorr bruinuiesop by die Saffer shop uit en vier rand vir ‘n fizzer en VIR WAT? Want jy verlang. 70 rand vir ‘n medium pot Cross and Blackwell – so mal is ek darem nie, maar as dit nie vir Christiaan was wat mol-oog maak oor my spending nie, sou ek seker. 30 rand vir ‘n pak Niknaks of Simba Chutney, 32 rand vir ‘n boksie Rajah kerriepoeier (helaas, geen borrie), een rand ‘n chappie, 25 rand ‘n Savannah… ek kan aangaan en aangaan. En mense koop dit. Mense klim op ‘n 45-minute tube ride om hulle potjie mayonaise en ‘n fizzer te koop.

Ek luister Karen en Beautiful in Baufort-Wes (en Mexican Whisteler, mamma) en ek verlang.

Maar dis ‘n lekker verlang. Ek dink nie Suid-Afrikaanse kos gaan vir my ooit weer so lekker wees soos presies nou nie. My taal gaan nooit weer so ongelooflik mooi en stunningly divers wees soos nou nie. ‘n Suid-Afrikaanse sky – soos toe ons die naweek Bourton-on-the-water toe gery het en actually wit wolke op blou lug gesien het – is so ‘n insignificant ding tot jy dit nooit meer sien nie. Ek het nooit in Suid-Afrika na die gewone blou lug gekyk en gedink ooooh maar dis darem pragtig nie. En mense lyk nooit so ongelooflik mooi soos op ‘n webcam 12000 km weg nie.

skrywer: Dedri Strydom

Lewer kommentaar

Leave a Reply