Wanneer daar na die twee uilkuikens gekyk word, is dit moeilik om te glo hulle is familie van die twee kwaai uile van die Gamtoos, berig Cara-Lee Dorfling.
Mens en dier was die afgelope paar maande deur ’n gevlekte ooruilpaar geteister wat onwetend té naby aan hul nes gekom het. Die nes – op ’n vakansiehuis se dak in die Kingsway-reservaat-en-vakansieoord– het mense en selfs werfhonde met bloeiende wonde gelaat.
