Richard Mudariki is een van die nuwe sterre op Afrika se kontemporêre kunslandskap. Sy werk is baie gesog in Suid-Afrika en dit begin ook aandag trek in Amerika en Brittanje.

Time Line is ’n retrospektiewe uitstalling van sy werk. Dit bied die geleentheid om die ontwikkeling van Mudariki se skilderkuns oor tyd te evalueer. Die uitstalling spog ook met ’n paar splinternuwe werke.

Die temas van Mudariki se werk is die probleme waarmee ons daagliks stoei. Hy beeld dit uit as pragtige verhale, ten spyte van die depressiewe aard van die inhoud. Mens word eenvoudig meegesleur deur sy verkwikkende styl in die aangesig van die donker onderwerpe.

Mudariki is in 1985 in Zimbabwe gebore, maar het in 2010 na Suid-Afrika verhuis.

Time Line is by die Sanlam kunsgalery in Bellville tot en met 27 Oktober 2017. Toegang is gratis.

The Model
The Model (2015)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar