Eenduisend-vyfhonderd kilometer noord van Beeslaar beland sersant Johannes Ghaap in Soweto – ’n lewensgevaarlike plek vir buitestanders … soos Ghaap. Maar daar’s nie tyd om behoorlik ingebreek te raak nie, want Ghaap moet gaan soek na ’n vrou en haar kind wat in ’n motorkaping ontvoer is en iewers in hierdie vreemde plek van miljoene sinkhuisies aangehou word. In die proses moet hy ’n bose sangoma genaamd The Father aandurf, ’n man met so ’n wrede reputasie dat die meeste mense glo hy is ’n blote versinsel …
♦♦♦

Onse Vaders / deur Karin Brynard — Human & Rousseau,20 Oktober 2012. — 512 p. ; sagteband. — ISBN 9780798158237 :
Taal: Afrikaans
Sleutelwoorde: Onse Vaders, Karin Brynard
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)