// jy lees ...

Flieks

Inglourious Basterds

Die tipografie van Inglourious Basterds se titel spel dit eerste uit. Kort daarna hoor jy die musiek en dan weet jy, hierdie is nie ‘n oorlogfilm nie, ook nie ‘n drama nie, dit is ‘n Cowboy-fliek.

Die Basterds is ‘n groep Joodse soldate in Frankryk tydens die Tweede Wêreldoorlog. Hulle staan onder bevel van luitenant Aldo Raine en hulle jag Nazi’s. Die Basterds ondermyn die moraal van die Duitse soldate met die wrede manier waarop hulle Nazi’s teregstel. Elkeen van hierdie soldate probeer om ten minste 100 kopvelle van Duitse soldate te versamel.

So kry die Basterds toevallig die geleentheid om ‘n groot vis in hulle net te vang, so groot dat dit dalk die einde van die oorlog sal beteken. Adolf Hitler gaan in Parys na die film Pride of the Nation kyk. In Parys ontmoet die Basterds die bioskoopeienaar Shosanna Dreyfus. Haar familie is deur die Nazi kolonel Hans Landa voor haar vermoor en sy het haar eie planne met Adolf.

Die film bestaan uit ‘n aantal hoofstukke. Die eerste verskil tematies van die res. Dit beeld Shosanna se geskiedenis uit. Regisseur Quentin Tarantino is hier op sy beste. Die dialoog, drama, beligting, kamerawerk, redigering, klank, is alles met sorg uitgewerk. Hierdie hoofstuk stook die vuur van haat vir Nazi’s in ons harte.

Met haat in die hart kry ons die opeenvolgende hoofstukke. Die fokusis konflik, wat uiteindelik ontplog in ‘n orgie van geweld.

Inglourious Basterds

Inglourious Basterds

Daar is waarskynlik nie ‘n ander regisseur as Quentin Tarantino wat Inglourious Basterds suksesvol sou kon maak nie. By tye is hy dalk te slim vir sy gehoor en nie almal sal die mengsel van genres en verwysings na propagandafilms raaksien nie. Gelukkig hoef jy nie oor enige kennis te beskik om meegevoer te raak deur die storie nie. Tarantino oortuig jou dat die Nazi’s kry presies wat hulle toekom.

Aanhangers van Quentin Tarantino moet beslis hierdie fliek gaan kyk, maar as die Wilde Weste jou idee van vermaak is sal jy ook Inglourious Basterds geniet.

Regisseur: Quentin Tarantino
Met: Brad Pitt, Diane Kruger, Mélanie Laurent, Christoph Waltz, Daniel Brühl, Eli Roth, Samm Levine, B.J. Novak, Til Schweiger en Samuel L. Jackson

4½ / 5

20 Oktober 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. David Carradine 1936 – 2009
  2. Namibië op oorlogspad

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] Beste Manlike Byspeler in ‘n Film: Christoph Waltz in Inglourious Basterds [...]

    Geskryf deur 67ste Golden Globe wenners Roekeloos | 18 Januarie 2010, 11:04
  2. [...] vir die beste rolprent is: The Hurt Locker, Avatar, The Blind Side, District 9, An Education, Inglourious Basterds, Up in the Air, Precious, A Serious Man en [...]

    Geskryf deur Die 82ste Oscar-benoemings Roekeloos | 8 Februarie 2010, 08:31

Switch to our mobile site