Kieslys

Close


*/

25 Januarie
2018
Musiek
2779 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Anthelia

Aanhangers sal verheug wees oor die nuus dat Bottomless Coffee Band se tweede vollengte album Anthelia op 23 Februarie 2018 bekendgestel word.

Die album bestaan uit 11 nuwe liedjies: nege in Engels en twee in Afrikaans. Lourens en Esté Rabé van BCB sê dat die doel was om ‘n diverse album te maak, terwyl die essensie en integriteit van hulle musiek steeds alles saambind.

Lourens noem dat hulle dit geniet het om ook vir die eerste keer in Afrikaans musiek te maak. “Dit is ons moedertaal en dus `n natuurlike wending vir ons.” Die resultaat van die album is ‘n kombinasie van folk-pop, rock en ook ballades met ‘n klassieke gevoel. Hierdie album sal jou laat dans, glimlag, huil en sing, alles in die liedreis-baadjie van een paartjie se ervaring van die lewe.

Die duo is gevorm tydens hulle studentejare aan die Universiteit van Stellenbosch. Na afloop van hulle studies het albei lede voltydse korporatiewe loopbane gevolg: Lourens as ‘n beleggingsanalis in die batebestuur bedryf terwyl Esté ‘n korporatiewe teatermaatskappy op die been gebring het.

BCB het ‘n gemiddeld van 150 vertonings per jaar uitgevoer sedert die uitreiking van hul debuutalbum Room With A View in 2015. Gevolglik kon die paartjie hul korporatiewe werke verlaat om op ‘n voltydse loopbaan in musiek te fokus. Lourens verklaar: “Dit was ‘n droom wat waar geword het vir beide van ons. Daar is groot vryheid daarin om die waagmoed te hê om dit wat die wêreld as ‘sukses en sekuriteit’ voorskryf na te kon laat om ons passie en drome na te streef. Ons het besef dat `n betekenisvolle lewe vir ons meer belangrik is as sekuriteit.” Esté voeg by: “Sedert die begin is ons hoof doel om ander deur musiek te inspireer. In ‘n wêreld vol soveel gebrokenheid en misverstande wil ons musiek maak wat hoop sal gee, verandering kan inspireer, liefde bring en mense verenig.”

BCB het tot op hede ook al in verskeie lande buite SA opgetree, insluitende Namibië, België, Nederland en die Verenigde Koninkryk. Esté verduidelik: “Ek dink die internasionale toer het die rol van katalisator gespeel om ons te laat werk op die nuwe album. Hoe kan dit nie? Ons het dinge ervaar wat die moeite werd was om te dokumenteer en die inspirasie het al hoe meer duidelik geword met elke stap wat ons geneem het.”

Soos enige musikant weet, is inspirasie nie die enigste bestanddeel in die resep om ‘n volwaardige album te maak nie. Die volgende stap was om ‘n musiekregisseur en ‘n ateljee te vind. Lourens, met ‘n vonkel in sy oog, onthou hul oorspronklike idee: “Toe die tyd gekom het om op die nuwe album te begin, was ons ook besig om na ‘n nuwe huis te trek. Die idee was om ‘n huisateljee te bou en dan hierdie pragtige verhaal rondom die opname-proses te skep. Ons het egter vinnig besef dat dit makliker gesê as gedaan is, en na ‘n gesprek met ‘n plaaslike kunstenaar, het ons kontak gemaak met Bellville Studios onder leiding van die legendariese Theo Crous. Ons was baie bly toe hy ingestem het om saam met ons te werk.”

“Ons kon nie vir beter gevra het nie” voeg Esté by. “Om te kon werk met Theo Crous was ‘n fenomenale ervaring en ons het daarin geslaag om die album binne 6 maande te voltooi. Hoewel die oorspronklike gevoel van BCB steeds in die nuwe materiaal voorkom, het die liedjies nou ‘n meer volwasse klank waaroor ons baie opgewonde is. Toe ons ons eerste album geskryf het, was ons ‘n jong egpaar, vars uit Universiteit. Nou is dit 3 jaar later en ons het baie geleer oor die bedryf en ook oor onsself as kunstenaars en liedjieskrywers.”

Die naam, “Anthelia”, is geïnspireer deur die titelsnit wat die essensie van die album vasvang. Dit beteken: “Die vermoë om engele te sien”. Die duo verwerk dit in hul eie interpretasie: “Die vermoë om skoonheid in alles en almal rondom ons te sien.”

Bottomless Coffee Band het op 12 Desember 2017 ‘n video van die eerste radiosnit vanaf die album uitgereik. Die snit getiteld “Broken System”, is ook vanaf die maand op SA. (Sien die video onder.)

Anthelia liedjies:

Ashes to Ashes
Tomorrow
Perfect Summertime
Ek sal wag
Arise
Lig wat skyn
Anthelia
Truth in Love
Love is real
Broken System
Ukulele Song

Inligting oor die album bekendstelling: Stellenbosch and Pretoria:

23 Februarie 2018 – Oude Libertas, Stellenbosch
• Kaartjies: R150 – R180
• Addres: Hoek van Adam Tas & Oude Libertas, Stellenbosch, 7600
• Kaartjies by Computick-et: https://online.computicket.com/web/event/bottomless_coffee_band_cd_launch/1202131935/0/83742102
• Meer inligting: +27 21 809 7473/7380

19 April 2018 -Atterbury Teater, Pretoria
• Kaartjies: R150 – R180
• Addres: 4 Daventry St, Lynnwood Manor, Pretoria, 0081
• Kaartjies by Computick-et: https://online.computicket.com/web/event/bottomless_coffee_band_album_launch/1205440796/0/83982113
• Meer inligting: 012 942 5951

Bottomless Coffee Band tree ook op 8 Maart by die Woordfees en op 1 en 2 April by KKNK Oudtshoorn op. Nog toerdatums word binnekort bekend gemaak.

anthelia




3 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
07 Januarie 2009
Musiek
Gedigte van Anell de Beer
Wat 'n groot voorreg om deel te kan wees, en immers ek is bevrees. Ons is almal oud genoeg, om in die more te wroeg.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?

Onlangse kommentaar

Afrique mon désir by die Fugard | Roekeloos
2018-09-16 08:49:06
[…] Afrique mon désir, kombineer Hofmeyr, bekend as ‘n meester van toonsettings, ...
Gedigte van Megan Samuels | Roekeloos
2018-09-15 08:58:58
[…] Digters […]...
Weer tyd vir Nommer 37 | Roekeloos
2018-09-09 08:32:35
[…] Nommer 37 is nou beskikbaar op DVD, Box Office en spog met splinternuwe musiekvideo deur L...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.