Een van die lede van die Bee Gees, Robin Gibb, is gister oorlede na ‘n stryd met kanker. Hy was 62 jaar oud.
Barry, Maurice en Robin Gibb was bekend vir treffers soos “How Deep Is Your Love”, “Stayin’ Alive”, en “Night Fever”.
Sedert hul eerste treffers in die 1960′s vrygestel is, het die Bee Gees meer as 200 miljoen albums verkoop.
Robin Gibb word oorleef deur sy vrou en drie kinders.



Bespreking
Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.
Kommentaar is gesluit.