Adam Small se sterk biografiese drama The orange earth belig die komplekse verhouding tussen ‘n gevangene en bewaarder. Dit vertel terselfdertyd die verhaal van die onsigbares van die struggle: Die ouers, kinders en geliefdes van aktiviste wat die fort moes hou en opoffer in die stryd om politieke bevryding.
Die stuk krap ou wonde oop, maar bring heling en ‘n vars perspektief op wat was.
The orange earth is in Standaardafrikaans vertaal as Goree, genome na die sendingstasie waar Small gebore is.
——————
8 Maart 2014
Goree en The orange earth is nou in boekvorm beskikbaar.

Lewer kommentaar