Die Naledi-pryse bekroon professionele hoofstroom-produksies wat in 2005 in Gauteng opgevoer is. Altesaam 90 produksies het meegeding om vanjaar se pryse wat op 19 Februarie toegeken is. Benoemdes van die meer as 90 vertonings, sowel as verteenwoordigers van die nasionale en provinsiale departemente van kuns en kultuur het die geleentheid bygewoon.
Aanbieders in die verskeie kategorieë was die e-TV joernalis Debora Patta, sanger Steve Hofmeyr en Mejuffrou SA 2005 (Claudia Henkel). Ian Von Memerty, bekend vir Captain Entertainment in Music and Mayhem, het die gehoor vermaak.
Faan se Trein (twee benoemings) wat meegeding het met onder meer Athol Fugard se Exits and Entrances in die kategorie beste produksie van ‘n toneelstuk is nie bekroon nie. (Paul Eilers was benoem as beste akteur in ‘n hoofrol vir sy spel in dié stuk). Groet die Grotman (die Afrikaanse vertaling van Rob Becker se solostuk, Defending the caveman) en Nataniël se My name is Diamond moes die knie buig voor Captain Entertainment in Music and Mayhem (beste produksie van ‘n revue). Groet die Grotman het ook twee benoemings gehad.
Twee van die verhoogregisseur en dramaturg Mpumelelo Paul Grootboom se produksies het gesamentlik 19 benoemings ingepalm. Die opspraakwekkende Cards is tien keer benoem en Relativity: Township stories nege keer. Grootboom se enigste sterk mededinging was van die dramas Green man flashing (Mike van Graan), Irene Stephanou se Acropolis café en Ying tong: A walk with the Goons asook die musiekspel Chicago. Dié produksies is elk sewe keer benoem. Grootboom was verlede jaar die wenner van die Standard Bank-Jong Kunstenaar-prys vir drama op Grahamstad kunstefees en verlede jaar was hy te sien op die KKNK as akteur in regisseur Marthinus Basson se Romeo en Julia, geskoei op William Shakespeare se Romeo and Juliet.
David Kramer en Taliep Petersen se Kat and the Kings is vyf keer benoem en Sylvaine Strike se The travellers vier keer. Afrikaanse produksies het beter gevaar as vorige jare met die vertaalde klug As die kat weg is . . . (drie benoemings).
Veteraan akteur en radio DJ Cocky Tlholhalemaje, die TV ster Mary Twala; mentor en promotor Queenith Ndaba, verhoogbestuurder Whinney Setimo en TV akteur Louis van Niekerk is almal vereer met lewensprestasiepryse vir hulle onderskeie bydraes.
Dan Dobrowsky het ‘n postuum toekenning in ontvangs geneem namens sy broer Frantz Dobrowsky wat in Januarie oorlede is.
Die wenners in die onderskeie kategorieë was:
Beste Nuwe Suid-Afrikaanse Toneelstuk/Best New South African Play: Exits and Entrances – Athol Fugard
Beste Produksie van ‘n Musiekblyspel/Best Production of a Musical/The Joan Brickhill Award: Chicago – The Musical
Beste Produksie van ‘n Revue/Best Production of a Revue: Captain Entertainment in Music and Mayhem
Beste Produksie Snykant/Best Production Cutting Edge (experimental/mime/alternative): The Travellers
Beste Ensemble Produksie/Best Ensemble Production: Ama-Taps
Beste Regisseur van ‘n Drama of Blyspel/Best director of a Play or Musical: Mpumelelo Paul Grootboom vir Relativity
Beste Vertolking deur ‘n Aktrise in ‘n Hoofrol/Best Performance by an Actress in a Lead Role: Louise Saint-Claire in From Door to Door
Beste Vertolking deur ‘n Akteur in ‘n Hoofrol/Best Performance by an Actor in a Lead Role: Sean Taylor in Exits and Entrances
Beste Vertolking deur ‘n Aktrise in ‘n Ondersteunende rol/Best Performance by an Actress in a Supporting Role: Lizz Meiring in As die kat weg is . . .
Beste Vertolking deur ‘n Akteur in ‘n Ondersteunende rol/Best Performance by an Actor in a Supporting Role: Jason Ralph in Exits and Entrances
Beste Vertolking in ‘n Musiekblyspel (manlik)/Best Performance in a Musical (Male): Drummond Marais in Chicago
Beste Vertolking in ‘n Musiekblyspel (vroulik)/Best Performance in a Musical (Female): Amra-Faye Wright en Samantha Peo, beide in Chicago
Beste Oorspronklike Koreografie/Best Original Choreography (Musical or Revue): Samson Mabuza vir Ama-Taps
Beste Musiekregisseur/Best Musical Director/Score/Arrangement: Bryan Schimmel vir Chicago
Beste Komiese Vertolking in ‘n Drama/Blyspel/Revue (manlik)/Best Comedy Performance in a Play/Musical/Revue (Male): Matthew Ribnick in Hoot
Beste Komiese Vertolking in ‘n Drama/Blyspel/Revue (vroulik)/Best Comedy Performance in a Play/Musical/Revue (Female): Charmaine Weir-Smith in 2 For The Price Of 1
Beste Vertolking deur ‘n nuweling / deurbraak (manlik)/Best Performance by a Newcomer/Breakthrough (Male): Zenzo Nqgobe in Relativity
Beste Vertolking deur ‘n nuweling / deurbraak (vroulik)/Best Performance by a Newcomer/ Breakthrough (Female): Koketso Mojela in Relativity
Beste Kostuumontwerp: Sarah Roberts vir Sophiatown
Beste Teater Stelontwerp/Best Theatre Set Design: Nadya Cohen vir Acropolis Cafe
Beste Teater Beligtingsontwerp/Best Theatre Lighting Design: Jannie Swanepoel vir Address Unknown
Beste Teater Klankontwerp/Best Theatre Sound Design: Des Lindberg en Alan Swerdlow (Safm) for Ying Tong, a Walk with the Goons
Die Naledi-pryse is deur die Theatre Managements of South Africa (TMSA) gestig om die destydse ENB Vita-streeksteaterpryse te vervang. In die Vrystaat is geen plaasvervanger vir dié toekennings nie en is die enigste erkenning vir teaterwerk, die Piers Nicholson- en Cobus Rossouw-pryse wat deur Pacofs bestuur word, al die afgelope drie jaar nie toegeken nie.
Die beoordelaars was: Christina Kennedy, Broer Michael Burke, Carla Feldman, Christa Schamburger, Greg Homann, Helen Heldenmuth, Jakkie Groenewald, Jerry Raletebele, Lyle Britton-Masekela, Paul Boekkooi, Zingi Mkefa, Peter Feldman, Robyn Sassen, Sandile Memela, Talia Rabinowitz, Thelma Machogo, Luvuyo Kakaza en Theresa Leslie-Munchick onder voorsitterskap van besigheidsman Doug Maritz.
Haydee Hollander met erkenning aan:
Bronne:
Emmanuel Mulaudzi van joburg.org.za (http://www.joburg.org.za/2006/feb/feb21_naledi.stm volledige berig, met toestemming)
Kobus Burger (Die Burger en Die Volksblad) (http://152.111.1.251/argief/berigte/volksblad/2006/01/27/VB/18/naledipryse.html)
Tonight Verslaggewer ( http://www.tonight.co.za/index.php?fSectionId=442&fArticleId=3123391)
Foto (Sean Taylor): The Baxter
Sean Taylor in die rol van André Huguenet in Athol Fugard se bekroonde stuk Exists and Entrances
ALLE ander foto’s met die goeie vergunning van Theatre Managements of South Africa en Di Sparks.
bydrae: Haydee Hollander