Hol: ’n holte of ’n leë ruimte binne-in.
Om op hol te gaan is om jou selfbeheersing kwyt te raak.
As “jou kop op hol is”, is jy verward. “Hol” beteken ook sinloos, niksseggend of om te hardloop … onder meer.
Liesbet hol op ’n hol maag op ’n trapmeul, ’n rottewiel van haar holderstebolder gedagtes. Sy sukkel om haar balans te behou en strompel oor haar verlede.
Hol ondersoek die koste van ’n kitskos-bestaan.
Met: Nicola Hanekom (Wenner van die Fleur du Cap-prys vir die beste spel in ’n solovertoning vir Hol.)
Regisseur: Fred Abrahamse
Aardklop 2012
Genre: Drama
Ouderdomsbeperking: Geen o/12
Ontwerp: Marcel Meyer
Vervaardiger: Kunstekaap
Plek: Potchefstroom Central School, Potchefstroom
Tyd: 65 minute
Kaartjies: R90
Datums: 2 Okt. – 12:00, 3 Okt. – 14:30, 4 Okt. – 12:00, 5 Okt. – 09:00, 6 Okt. – 14:30