Met die Holm gebore

Om met die helm gebore te wees is een ding, maar om met die Holm gebore te wees, is nie net één ding nie … Dit is nóg ’n ding en vier ander goed saam met ’n stuk watsenaam en sewe uitroeptekens! Julle ken vir Sussie … ontmoet nou vir Marion Holm!

Volksblad Kunstefees

Prys: R90
Tydsduur: 70:00
Taal en Ouderdomsbeperking: Taal: Afr. Gesin
Plek: Eunice-laerskoolsaal
Datums: Wo. 7 Julie 15:30 & 19:00; Do. 8 Julie 10:00.
Genre: Komedie
Teks: Chris Vorster en Marion Holm
Regie: Chris Vorster
Met: Marion Holm


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. Marion Holm, gister het jy my en my hele gesin, ouma ingesluit, vermaak met jou uitstekende “Met die Holm gebore”. Dit was soos gewoonlik die hoogtepunt op ons kalender! Ons gaan kyk elke jaar jou opvoering by Cultivaria en het nog nooit teleurgesteld daar uitgestap nie. Wil net vir jou baie dankie se vir jou kreatiewe denke wat jy nie onder ‘n maatemmer wegsteek nie. Ons geniet jou gate uit en kom elke jaar by die huis met ‘n helse hoofpyn van al die lag, maar dit sluk ons gou af met ‘n Panado en ons voel weer stukke beter daarna met al die lag nog in ons ore en harte. Baie lief vir jou en moenie ophou met dit wat jy die beste doen nie. Annarie

Lewer kommentaar

Leave a Reply