Marion het verlede jaar die onbekende ingespring, geduik, geval en gevlieg – sonder Sussie om haar handjie vas te hou!
Met die Holm gebore was verlede jaar ’n reuse sukses. Marion het weer eens gewys dat sy nie net ‘n super fantastiese storieverteller is nie, maar ook ‘n regte egte aktrise.
Vanjaar takel Marion Holm en Chris Vorster ‘n splinternuwe klomp goeters aan in haar agtste eenvrou-vertoning: holm@iafrica.com. Dit sal jou laat lag, laat dink en weer laat lag.
holm@iafrica.com bestaan uit ietsie oud, ietsie nuut, ‘n bietjie links, bietjie regs, bo, onder en in die middel sommer net om anders te wees. Stories wat jou laat lag. Stories wat jou laat dink. En as jy mooi luister … en jou selfoon afsit … is daar nog ‘n storie agter die storie. Regtig … gaan kyk maar, ons jok nie!
holm@iafrica.com debuteer by KKNK 2011 en is dan weer op 22 en 23 April by Die Boer in Durbanville op die planke.
Met Marion Holm
Teks: Marion Holm en Chris Vorster
Regie: Chris Vorster
Kostuum / Stel: Dicky Longhurst

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar