The Joseph and Mary Affair

Die Smeltkroes-prys vir beste nuutgeskrewe teks in 2002, was maar net die begin vir hierdie teater-produksie.

The Joseph and Mary Affair is al geloof as ‘n juweel in die teaterkroon en beloof om Stellenbosse gehore te laat lag en tog ook, met ‘n knop in die keel, die teater te verlaat. Dit is werklik die moeite werd om die winterkoue aan te durf om hierdie briljante vertoning te kan ervaar – moet dit nie misloop nie!

Speedy, Gerty en Munier werk in ‘n klerefabriek. Onder leiding van Speedy, moet die jaarlikse nativity-play opgevoer word. Alles kan goed afloop, as Gerty net nie so uitgesproke was en Munier se Moslem-weergawe nie so met Speedy se idees gebots het nie.

Gaan geniet hierdie drie se soeke na die boodskap van mede-menslikheid en liefde so tussen die persoonlike trauma’s en repetisies deur.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply