‘n Belangrike dag in die geskiedenis, ‘n belangrike dag vir #SpaceX

Vandag is ‘n belangrike dag vir ruimtevaart. Vir die eerste keer gaan ‘n privaat maatskappy ‘n ruimtevrag probeer aflewer. SpaceX se Dragon-ruimtetuig gaan probeer om die Internasionale Ruimtestasie te besoek.

Dit is ‘n belangrike dag omdat dit ‘n stap nader is aan ruimtevaart as ‘n volhoubare onderneming. Dit sluit aan by SpaceX se langtermyn doelwit om die mensdom te vestig as ‘n interplanetêre spesie.

SpaceX is een van die Suid-Afrikaans-gebore Elon Musk se maatskappye.

‘n Paar SpaceX-hoogtepunte

Lewer kommentaar

Leave a Reply