Tambo kap Zuma oor skildery

Die dogter van die ontslape ANC-veteraan Oliver Tambo het min simpatie met pres. Jacob Zuma se klag oor ‘n omstrede kunswerk van homself, het The Star berig.

So die president hou nie van die portret wat van hom geskilder is nie, het Tselane Tambo in ‘n boodskap op ‘n sosiale netwerk geskryf.

“Hou die armes van armoede? Geniet die werkloses wanhoop? Hou diegene wat nie behuising kan kry nie van haweloosheid? Hy moet oor dit kom. Niemand geniet hulself nie. Hy moet die eerbied wat hy smag, inspireer. Hierdie portret is wat hy geïnspireer het. Foeitog…”

Die ANC het hofdokumente ingedien vir ‘n dringende aansoek om die galery te verbied om die omstrede kunswerk te vertoon of uit te stal.

Zuma se penis – dis groter as wat jy dink

Oliver Tambo se dogter kap JZ oor skildery

Lewer kommentaar

Leave a Reply