Die Volksblad berig dat 50 munisipale amptenare van die Mangaung munisipaliteit, wat Bloemfontein insluit, die belastingbetaler jaarliks R50 miljoen uit die sak jaag.
Marietjie Gericke skryf in haar berig:
“… dit is méér as die van nasionale ministers en as dié van die Vrystaatse premier …”
“Die afgelope week is berig Eskom dreig om die krag van Vrystaatse munisipaliteite af te skakel weens hul uitstaande skuld van miljoene rande.”
