Hoekom is die groot bamboesbeer, wat in die berge van China en Tibet woon, wit en swart van kleur? Hierdie vraag het Amerikaanse navorsers nou suksesvol beantwoord.
Die wit-en-swart kleurskema van die panda het twee funksies: kamoeflering en kommunikasie.
Die studie het bevind dat die grootste dele van die panda, die gesig, nek, maag en kruis, wit is om maklik in ’n sneeulandskap weg te kruip. Die swart op die arms en bene help die dier om in die skadu weg te kruip.

