Amper tragedie in Tygervallei

Vinnige optrede van sekuriteitspersoneel van die Tygervallei-inkopiesentrum in Bellville het onlangs ´n potensiële tragedie afgeweer.

Die ma van ´n jong dogterjie het die sentrumbestuur ingelig dat sy haar dogtertjie iewers verloor het. Die sentrum se deure is dadelik gesluit en niemand is toegelaat om dit te verlaat nie. Die dogtertjie is later in die toilette gevind. Haar hare was gekleur en sy het ander klere aangehad.

Die storie kan as waarskuwing dien vir ´n groot klomp ouers daar buite, maar die sentrumbestuur het blykbaar nog nie ´n woord daaroor gerep nie.

Lewer kommentaar

Leave a Reply