Die Drie Nasies-reeks wat in in November tussen Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland sou plaasvind in Suid-Afrika is afgeskaal van nege tot ses toetse. Nieu-Seeland weier om teen Australië, die wêreldkampioene, te speel op ´n oppervlak wat nie volgens wêreldstandaard is nie. Die internasionale vereistes vir toetse is ´n houtvloer met veerkrag.