BoKaap Meander

Die Bokaap Meander is ‘n smakie van die kulturele geskiedenis, daaglikse tradisies, kos, kuns en musiek van die Bokaap gemeenskap van Kaapstad.

Die mense wat hulle in die Bokaap gedurende die laat 1700 gevestig het, was vakmanne, handelaars en vrygestelde slawe. Geniet ‘n 2uur toer en ervaar die kleurvolle argitektuur, die kos, die onvergeetlike inwoners, besonderse kuns, melodieuse musiek en daaglikse tradisies.

Interaksie geskied met Kaap-Maleise kosskrywers, kunstenaars, vakmanne en huisgebaseerde entrepreneurs. kies uit onderstaande roetes:

Moskee Roete (R180)
Kookroete (R200)
Handelsroete (R180)

Suidoosterfees

Sa 2 Feb & So 3 Feb
Toere vertrek daagliks vanaf
Kunstekaap, Kaapstad
10:00, 13:00 & 16:00

Lewer kommentaar

Leave a Reply