Brutus vir Land Cruiser Bakkie

Toyota Suid-Afrika het ‘n spesiale pakket vir die Land Cruiser bakkie vrygestel, beskikbaar vir petrol en diesel modelle.

Die Brutus-pakket gee die Land Cruiser nuwe visuele en funksionele eienskappe. Die mees opsigtelike kenmerk van die Brutus is die voorste buffer. Volgende op die lys is die 16-inch staalvelling met Continental “Conti-trac” 235/85 R16 bande.

Trappies langs die kant en agter en ‘n roll bar is die balans van die pakket se meer sigbare kenmerke aan die buitekant van die voertuig.

Die bekleedsel is ook aangepas, dit sluit ‘n leerbedekte stuurwiel in. Sekere beheerknoppe kry koppe van vlekvrye staal. Dit sluit ook lugreëling en ‘n radio/CD-speler in.

Die Brutus-pakket is beskikbaar teen R34 000.

Land Cruiser bakkie met Brutus
Land Cruiser bakkie met Brutus

Lewer kommentaar

Leave a Reply