Die Dinges is ‘n Watsem, met samestelling en regie deur Mareli Hattingh, is ‘n prettige, pittige samestelling van stories en staaltjies, deur onder andere Jan Spies en Nataniël, soos vertel en uitgespeel deur 11 senior dramastudente.
Bekende en geliefde stories soos Jan Spies se “Die antie met die pienk rok” en “‘n Bek vol tanne” word ‘n nuwe baadjie aangetrek en afgewissel met minder bekende, maar ewe vermaaklike vertellings soos onder Dana Snyman se “911”.
Die opwindende aanbieding van die program verlewendig die verskeidenheid van Afrikaanse prosa en vul die literêre studie daarvan heerlik aan. Kom geniet ‘n gesellige lekker-luister, lekker-lag aand.
Die program behoort geskik te wees vir alle ouderdomsgroepe alhoewel daar een insetsel is wat spesifiek handel oor die vele taalkundige gebruike van ‘n sekere kru-woord.
Die Dinges is ‘n Watsem se rolverdeling. Op die foto van links is: (voor) Nicola Cronje, Vorster Venter, Nikita Prinsloo,(middel) Lindi Nieuwoudt, Liháni Brandt, Melanie du Toit, Frans Hamman, (agter) Lize Ligthelm en De Klerk Oelofse.
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)